Skip to content

Vyf mense sterf, een gewond in vroegoggend-skietvoorval in Kaapstad

# Vyf mense is dood en een gewond in ‘n massa-skietvoorval in ‘n huis in Gugulethu, Kaapstad. Die polisie sê twee gewapende aanvallers het in die vroeë oggendure toegang tot die huis verkry toe hulle die voordeur oopgeskop het. Polisiewoordvoerder André Traut sê vier mans en ‘n vrou is op die toneel dood en nog ‘n slagoffer is hospitaal toe geneem. Die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid ondersoek die aanval.