# Die Ebola-uitbreking in die Demokratiese Republiek die Kongo staan op drie-duisend-en-75 gevalle in vyf provinsies. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is byna 90-persent van die gevalle aangemeld in die noordoostelike provinsie Ituri, wat aan Suid-Soedan en Uganda grens. Die uitbreking het die twee-duisend-kerf op 15 Julie verbygesteek. Die WGO sê gesondheidsowerhede gaan voort met waarnemings-, behandelings- en inentingsveldtogte om die virus te beheer en verdere verspreiding van die dodelike siekte te voorkom.
Ebola-uitbreking in DRK staan op meer as drie-duisend gevalle