# Rugby: Die Leeus en verdedigende kampioene Griekwas het gister bonuspunt-oorwinnings behaal in die tweede ronde van die Curriebeker-kompetisie. Op Ellispark het die Leeus teruggeveg met ‘n 52-29-oorwinning oor die Pumas. Jarod Cairns het twee drieë gedruk om by die gasheer se sewe drieë te voeg. In Kimberley het die Griekwas die Bulle XV met 56-26 verpletter. Die gasheer het altesaam agt drieë gedruk, met ‘n driekuns deur Bobby Alexander en Gurshwin Wehr. Vanmiddag om drie uur pak die Stormers 23 die Boland Kavaliers op die Boland-stadion in Wellington.
Rugby: Oorwinnings vir Leeus en Griekwas in Curriebeker-kragmetings