# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter JP Pietersen het ‘n groot deurbraak gemaak met die voormalige All Black-senter Ma’a Nonu wat by die Durbanse span aangesluit het as afrigter en mentor vir die jonger spelers in die groep. Volgens News24 is die 44-jarige Nonu steeds ‘n aktiewe speler. Hy het vroër vanjaar vir Toulon teen die Stormers uitgedraf en van 2015 tot 2018 en weer in die 2020-2021-seisoen vir die Franse klub gespeel. Nonu het die All Blacks in 103 toetse verteenwoordig.
Rugby: Voormalige All Black-senter Ma’a Nonu sluit by Haaie aan