# Die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering het in beginsel ‘n ooreenkoms bereik oor die toekoms van die Atlantis Thusong-sentrum. Ingevolge die voorstel sal die stad die eiendom aan die provinsiale regering skenk, wat die sentrum sal bestuur en bedryf terwyl noodsaaklike maatskaplike ontwikkelingsdienste steeds gelewer word. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê die ooreenkoms het ten doel om te verseker die sentrum bly ‘n openbare bate en dienste aan die Atlantis-gemeenskap word uitgebrei.
Stad Kaapstad en provinsie span saam om Atlantis Thusong-sentrum vir gemeenskapsgebruik te bewaar