# Solidariteit sê senior polisieleiers moet beoordeel word op hoe goed hulle misdaad bekamp, nie op transformasiedoelwitte nie. Die vakbond het gereageer op ‘n besluit van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om transformasie en verskeidenheidsbestuur in te sluit by senior bestuurders se prestasiebeoordelings. Theunis van Staden van Solidariteit voer aan met die hoë vlakke van geweldsmisdaad moet polisieleiers eerder beoordeel word op hul sukses met die vermindering van misdaad, die verbetering van ondersoeke, die bekamping van korrupsie en die herstel van openbare vertroue.
Solidariteit sê polisie se prestasie moet gemeet word aan veiliger gemeenskappe