# Atletiek: Die twintigjarige Bayanda Walaza het die vierde vinnigste Suid-Afrikaner ooit geword toe hy die mans 100-meter gewen het op ‘n byeenkoms in Slowakye. Hy het die wenstreep in 9,89 sekondes oorgesteek, sy beste persoonlike tyd en ‘n byeenkoms-rekord. Dit plaas hom na Akani Simbine, Benjamin Richardson en Gift Leotlela. Ackeem Blake van Jamaika was tweede en die Kanadees Andre de Grasse derde. Twaalf Suid-Afrikaners, insluitend Wayde van Niekerk, het die 100-meter nou al onder tien sekondes afgeblits.
Atletiek: Bayanda Walaza nou vierde vinnigste Suid-Afrikaner ooit