# Sokker: ‘n Stryd dreig tussen die wêreldbeheerliggaam FIFA en die Europese liggaam UEFA oor sekere besluite tydens die Wêreldbeker-toernooi. UEFA se president, Aleksander Ceferin, het bevestig dis hoekom hy geweier het om Sondag se eindstryd by te woon. UEFA is ontsteld oor FIFA se besluit om die Amerikaanse voorspeler Folarin Balogun se skorsing van een wedstryd op te skort ná sy rooikaart, wat Europa beskou as ‘n growwe ongerymdheid. Die Somaliese skeidsregter Omar Artin kon ook nie blaas nie omdat hy toegang tot Amerika geweier is.
Sokker: UEFA se president boikot Wêreldbeker-eindstryd oor FIFA se omstrede besluite