# Kopanang Africa Against Xenophobia verwelkom die Departement van Basiese Onderwys se riglyne wat vergelding en geweld in en om skole verbied. Die organisasie sê die omsendbrief herbevestig elke kind se reg op onderwys, ten spyte van nasionaliteit of gedokumenteerde status. Hy vra provinsiale onderwysdepartemente, skole en gemeenskappe om te verseker die riglyne word ten volle geïmplementeer. Die organisasie vra ook die publiek om vergeldende optrede te verwerp en sê die toepassing van immigrasiewetgewing is die verantwoordelikheid van die staat en moet ingevolge die wet uitgevoer word.
Kopenang Africa steun voorskrif deur Onderwysdepartement wat migrante leerders beskerm