# Die Kommissie vir Geslagsgelykheid, die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie en die Kommissie vir Kulturele, Godsdienstige en Taalgemeenskappe het ‘n gesamentlike nasionale ondersoek begin na die strafregstelsel se reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Die eerste fase sal slagoffers se ervarings en voorverhoorprosesse ondersoek, insluitend polisie-ondersoeke, slagofferondersteuning en vervolging. Die woordvoerder Sphezulu Zulu sê skriftelike en mondelinge voorleggings deur slagoffers, gesinne, die burgerlike samelewing en regskenners sluit 3 Augustus.
Nasionale ondersoek begin na regstelsel se hantering van geslagsgeweld