# Die Universiteit van KwaZulu-Natal het die hereksamen van verskeie grade vir toelating tot die regsberoep tot Donderdag uitgestel, ná ‘n tussentydse KwaZulu-Natalse Hooggeregshofbevel. Die herskrywings weens die uitlek van eksamenvraestelle, sou vandag begin. Die hof het die universiteit se senaat gelas om nuwe datums vas te stel, maar het nie die eksamen gekanselleer nie. Die Universiteit sê die hersiene skedule skep ‘n balans tussen studente se behoefte aan voldoende voorbereidingstyd en die vereistes van die akademiese kalender. Die universiteit vra betrokke studente om voort te gaan met voorbereiding terwyl hulle wag op bygewerkte eksamentye.
Universiteit van KZN stel herskryf van LLB-eksamen uit ná hofbevel