Nuus 18:00
BULLETIN 16 Julie 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Phala Phala-hofstryd word hopelik volgende week afgehandel, nadat uitspraak voorbehou is
# Die Madlanga-kommissie hoor Fadiel Adams se klagte het tot die Khumalo-ondersoek gelei
# En, die veteraan akteur Seputla Sebogodi sterf op 63
# Uitspraak in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die Parlement se Artikel 89-ampsklagproses in verband met die Phala Phala-skandaal te staak, word teen die einde van volgende week verwag. Die uitspraak van die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal bepaal of die ampsklagproses kan voortgaan terwyl Ramaphosa se hersieningsaansoek nog voor die howe dien. Die voorsitter van die Parlement se Ampsklagkomitee, Makashule Gana, sê die komitee sal voortgaan met sy voorbereidingswerk totdat die hof sy uitspraak lewer:
# Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu se stafhoof, Cedric Nkabinde, het parlementslid Fadiel Adams se klagte in November 2024 na die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie verwys. Die verwysing het gelei tot ‘n ondersoek waarby die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en ander senior SAPD-beamptes betrokke was. Die getuienisleier Mahlape Sello het gesê die klagte sluit verskeie saakdossiers in wat tussen Oktober en November 2024 geregistreer is:
# ‘n Filiaal van die Standard Bank-groep, Standard Lesotho Bank, het die eerste bank in Lesotho geword wat China se oorgrensbetalingstelsel bekendstel. Die platform maak vinniger en doeltreffender oorgrensbetalings in die Chinese renminbi moontlik, wat koste en vereffeningstye versnel vir ondernemings wat handel dryf met China. Die bank sê die stap sal handelsbande versterk, toegang tot internasionale markte verbeter en ekonomiese groei ondersteun. Die bekendstelling bring Lesotho ook in ooreenstemming met breër pogings om Afrika se finansiële skakeling met China se betalingsinfrastruktuur uit te brei.
# Sokker: Rustyd in Sondag se Wêreldbeker-eindstryd in New Jersey kan tot 25 minute duur weens die Super Bowl-styl konsert wat beplan word. Musieksterre soos Madonna, Justin Bieber en Shakira gaan optree. Die wedstryd word voorafgegaan deur ‘n afsluitingseremonie met glanspersoonlikheide soos Tom Cruise, Robbie Williams en Nicole Sherzinger, terwyl Jennifer Hudson die Amerikaanse volkslied sal sing. Die verdedigende kampioen, Argentinië, speel teen 2010 se wenner, Spanje, in die titelstryd.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-42-sent teen die dollar, 18-rand-79-sent teen die euro en 22-rand-17-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 64-duisend-564-dollar. Die prys van goud is drie-duisend-991-dollar-19-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 84-dollar-22-sent per vat.
# Die veteraan Suid-Afrikaanse akteur, Seputla Sebogodi, is oorlede na diabetes-komplikasies. Sebogodi, veral bekend vir sy rol as Kenneth Mashaba in Generations, se loopbaan het oor meer as vyf dekades in televisie en teater gestrek. Hy het ook in Scandal!, Suburban Bliss en Redemption gespeel, en het lof verwerf vir talle verhoogproduksies. Sy familie het hom beskryf as ‘n reus van Suid-Afrikaanse teater en televisie en gesê sy merkwaardige werk en die vele lewens wat hy aangeraak het, sal sy nalatenskap laat voortleef.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….