Skip to content

Vryemarkstigting verwelkom hofuitspraak teen Finansiële Intelligensiesentrum

# Die Vryemarkstigting sê die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria in die saak tussen die Pretoriase prokureursfirma Len Dekker en die Finansiële Intelligensiesentrum herbevestig die oppergesag van die reg. Die hof het bevind die sentrum het sy bevoegdhede oorskry deur boetes op die firma te hef vir ‘n tydperk voor hy wettig gemagtig was om dit te doen. Brian Benfield van die stigting sê die uitspraak beklemtoon die behoefte aan bewysgebaseerde afdwinging, binne die perke van die wet.