Skip to content

Vyf aangehou na hulle hul voordoen as amptenare van Binnelandse Sake in Limpopo

# Vyf verdagtes is in Marapong naby Lephalale in Limpopo in hegtenis geneem vir die beweerde intimidasie van ‘n Nigeriese sake-eienaar en voordoening as amptenare van Binnelandse Sake. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê aanvallers het die man gedreig dat sy onderneming vernietig gaan word, en geëis dat hy Suid-Afrika verlaat. Sy immigrasiedokumente is later as geldig bevestig. Ledwaba sê die verdagtes is tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie in hegtenis geneem en sal na verwagting aangekla word van intimidasie en die voordoen as amptenare.