# Die polisie ondersoek die moord op vier mense in die Mkhuhlu-township naby Bosbokrand in Mpumalanga. Die slagoffers is gisteraand in die Calcutta-polisiegebied doodgeskiet. Die motief is nog onbekend. Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, Zeph Mkhwanazi, sê beamptes het vier moordsake geopen en ondersoek tans die omstandighede rondom die aanval. Hy versoek persone met enige inligting om die plaaslike polisie te kontak.
Vier sterf in skietery in township in Mpumalanga