# Die Kaapse Vlakte-veiligheidsforum veroordeel die massaskietery in Wesbank, Kaapstad, vroeg gisteroggend waarin ‘n 22-jarige man en ‘n 21-jarige vrou dood, en sewe ander, insluitend ‘n baba, beseer is. Die polisie het begin met ‘n ondersoek. Die voorsitter, Abie Isaacs, sê die skietery beklemtoon ‘n dringende behoefte om vuurwapengeweld te bekamp en bepleit die inhegtenisneming van die skuldiges. Hy sê die Wes-Kaapse regering het die gemeenskap ook gevra om met die polisie saam te werk.
Kaapse Vlakte-veiligheidsforum veroordeel massaskietery in Wesbank