Skip to content

Honderduisende mense ontruim met tifoon Bavi op pad na China

# China het gister meer as 600-duisend mense ontruim in afwagting van tifoon Bavi wat die groot oostelike stad Wenzhou sou tref. Japan se suidelike Sakishima-eilande is vroeër deur swaar reën en hewige wind geteister. Alhoewel Bavi reeds begin verswak op sy noordwestelike pad oor koeler see, is die tifoon steeds gevaarlik as gevolg van die hoeveelheid vog in sy omtrek gelykstaande aan die groote van Frankryk. Bavi sou na verwagting vanoggend Wenzhou, die tuiste van sowat 10-miljoen mense, tref.