Skip to content

News24 stel ondersoekende dokumentêr oor Anele Tembe vry voor geregtelike doodsondersoek

# ‘n Ondersoekende dokumentêr deur News24 met die titel, Anele Tembe: Final Moments, word vandag vrygestel en herleef die laaste ure van wyle kletsrymer Kiernan “AKA” Forbes se verloofde in Kaapstad. Tembe is dood nadat sy in 2021 van die tiende verdieping van die Pepperclub Hotel geval het. Haar dood is as selfmoord beskou, ‘n bevinding wat deur haar familie betwis word. Die dokumentêr bevat CCTV-beeldmateriaal, voorvalverslae en ander materiaal van daardie oggend. Die geregtelike doodsondersoek oor Tembe se dood begin binnekort in die Kaapstadse landdroshof.