# Die Suid-Afrikaanse Gevangenesorganisasie vir Menseregte ondersteun die MK-party se oproep dat buitelandse burgers wat vonnisse in Suid-Afrikaanse gevangenisse uitdien, gerepatrieer moet word. Die party beweer die byna 28-duisend buitelandse gevangenes kos belastingbetalers jaarliks meer as vier-miljard-rand. Die party voer aan daardie fondse kan eerder Suid-Afrikaners ondersteun. Die organisasie se woordvoerder, Golden Miles Bhudu, sê repatriasie sal die beduidende finansiële, menslike, bestuurs- en infrastruktuurkoste vir die huisvesting van buitelandse gevangenes verminder.
Gevangenisregtegroep steun oproep om buitelandse gevangenes te repatrieer