Skip to content

Krieket: Australiese Big Bash League begin dié seisoen in Indië

# Krieket: Australië se T20-Big Bash League begin vanjaar in Chennai en word die eerste buitelandse liga om die reuse- Indiese mark te betree. Die aankondiging is gedoen tydens die Indiese premier, Narendra Modi, se besoek aan Melbourne. SuperSport berig Melbourne Rebels en die verdedigende kampioen, Perth Scorchers, sal die openingswedstryd op 12 Desember in Chennai speel. Dis deel van ‘n weeklange fees in Indië waartydens Australiese kultuur, sake en sport tentoongestel sal word.