Skip to content

Polisie arresteer meer as 70 verdagtes in klopjag in Mohlakeng in Gauteng [KLANK]

# Meer as 70 verdagtes, insluitend sewe vroue, is tydens Operasie Prosper in Mohlakeng aan die Wes-Rand van Gauteng in hegtenis geneem. Die multidissiplinêre operasie, waarby die polisie en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag betrokke was, het vanoggend onwettige mynbou en verwante misdade by die Bundu Inn geteiken. Beamptes het twee voertuie in beslag geneem, meer as 20 kragopwekkers en meer as 100 sakke goudhoudende materiaal gekonfiskeer. Die polisiewoordvoerder Tintswalo Sibeko sê die operasie duur voort en verdere arrestasies en beslagleggings word verwag:

ENG SibekoOnRaid