# Die DA verwelkom die Departement van Binnelandse Sake se vordering met die afhandeling van meer as 19-duisend uitstaande appèl-aansoeke oor asielaansoeke gedurende die 2025/26-boekjaar. Die DA-lid, Adrian Roos, sê hervormings wat minister Leon Schreiber ingestel het, insluitend verhoogde beoordelingsvermoë en gereelde verhore, het die doeltreffendheid van die asielstelsel verbeter. Hy sê die vordering versterk die integriteit van Suid-Afrika se immigrasieprosesse en help om administratiewe vertragings te verminder.
DA verwelkom Binnelandse Sake se asielhervormings [KLANK]
ENG RoosOnHomeAffairs