# Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika verwelkom Dina Pule se aanstelling as minister van Maatskaplike Ontwikkeling en vra etiese leierskap, bestendige bestuur en voorspelbare befondsing. Woordvoerder Greer Schoeman sê vroue en kinders wat van geweld vlug, kan nie bekostig dat noodsaaklike dienste ontwrig word nie. Die beweging verteenwoordig meer as 100 skuilings. Schoeman sê sterker vennootskappe tussen die regering en die burgerlike samelewing is noodsaaklik om oorlewendes van geslagsgeweld te ondersteun:
Skuilingbeweging vra etiese leierskap by Maatskaplike Ontwikkeling [KLANK]
ENG SchoemanOnMinister