Skip to content

Rugby: Ingrypende veranderings aan die Bokspan vir kragmeting met Skotland

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het ingrypende veranderinge aangebring aan die span wat Engeland Saterdag 45-21 verneder het. Hy het slegs vyf lede van die opdrafspan behou vir komende naweek se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Skotland op Loftus. Hulle is Jesse Kriel, Damian Willemse, Paul de Villiers, Ruan Nortjé en Pieter-Steph du Toit, wat die kapteinskap behou ná Siya Kolisi se laat onttrekking aan die wedstryd op Ellispark. Handré Pollard en Embrose Papier is die skakelpaar, en Boan Venter, Johan Grobbelaar en Wilco Louw sal die skrum anker.