# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê owerhede onderskep steeds ongedokumenteerde migrante en reisigers met onvoldoende dokumente op Suid-Afrika se grense. Sy sê die Grensbestuursowerheid ondersoek strafregtelike sake wat verband hou met onwettige immigrasie, en verskeie mense is reeds in hegtenis geneem. Ntshavheni vertrou die ondersoeke sal vinnig afgehandel word. Sy het ook bevestig die regering gaan voort om grensinfrastruktuur-opgraderings te versnel, tesame met voortdurende wetstoepassing en beleidshervormings:
Minister Ntshavheni sê regering dwing steeds grensveiligheid- en immigrasiebeheer af [KLANK]
ENG-NtshavheniOnInfrastructure