# Rugby: Die Springbok-vroue-vaskopstut met die meeste toetse agter die rug, Babalwa Latsha, is as kaptein vir die seisoen aangewys en sal die span môre op Ellispark in Johannesburg aanvoer teen die Amerikaanse Eagles. Die 32-jarige neem die kapteinskap oor by Nolusindiso Booi, wat verlede jaar uitgetree het. Slegs twee spelers in die beginspan, Alichia Arries en Logan Welman, het nie aan verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi deelgeeneem nie. Afrigter Swys de Bruin het ‘n verdeling van ses voorspelers en twee agterspelers op die bank gekies.
Rugby: Latsha lei sterk Springbok-vrouespan vir kragmeting met Amerika