# Die Madlanga-kommissie het gehoor die geskorste adjunkhoof van Misdaadintelligensie, generaal-majoor Feroz Khan, is steeds in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Sy regsverteenwoordiger, advokaat Zubair Khan, sê Khan kan weens sy toestand nie verdere opdragte gee nie. Khan sou na verwagting getuienis lewer voor die kommissie, maar is afwesig nadat hy Sondagaand ‘n sluipmoordpoging in Johannesburg oorleef het. Hy het ook ‘n mediese verslag ingedien waarvan sekere besonderhede verwyder is:
Regsverteenwoordiger sê Feroz Khan se toestand steeds bedenklik [KLANK]
ENG-KhanOnGenKhan