Skip to content

Krieket: Brook wil Engeland se volgende toetskaptein word

# Krieket: Engeland se witbal-kaptein, Harry Brook, sien kans vir die uitdaging om ook toetskaptein te word. Ben Stokes het uit internasionale krieket getree na die toetsreeks teen Engeland, wat die besoekers met 2-1 gewen het. Die 27-jarige Brook was Stokes se onderkaptein en word beskou as sy natuurlike opvolger. Hy sê dit sal ‘n eer en voorreg wees om ook die toetsgroep te lei. Andrew Strauss was in 2009 die laaste speler om Engeland in al drie formate aan te voer. Brook glo dis moontlik om die driedubbele rol te vervul.