# Krieket: Die veelsydige veteraan, Marizanne Kapp, sê die Protea-vrouespan is gretig om Suid-Afrika se gemoedere te lig nadat Bafana Bafana uit die Wêreldbeker-sokkertoernooi geskakel is. Die Proteas speel môre teen die mede-gasvrou, Engeland, in die halfeindronde van die T20-Wêreldbekertoernooi. Kapp sê hul hoofdoel was nog altyd om ‘n Wêreldbeker vir Suid-Afrika te wen, aangesien niks die land so bymekaarbring soos sport nie. Môre se wenner sal Sondag teen Australië in die eindstryd speel nadat die sesmalige kampioen die Wes-Indiese Eilande in gister se eerste halfeindstryd verslaan het.
Krieket: Kapp sê Proteas wil Suid-Afrika se gemoedere lig na Bafana uit die Wêreldbekertoernooi geskakel is