Skip to content

Rugby: Rassie loof Cheslin nadat hy gedink het hy’s te klein vir toetsrugby

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die drieëvraat Cheslin Kolbe geprys voor sy 50ste wedstryd vir Suid-Afrika, hoewel hy erken hy en talle ander het gedink hy’s te klein vir toetsrugby. Kolbe, wat 1,71-meter lank is, gaan die nommer 14-trui dra in Saterdag se Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Engeland op Ellispark. Hy het 151 punte aangeteken sedert sy buiging vir die Bokke in 2018. Erasmus sê Kolbe is ‘n integrale deel van die Bok-opset en het nog altyd presteer wanneer die span hom nodig gehad het.