Nuus 15:00
BULLETIN 29 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Madlanga-kommissie gaan Khan se regspan raadpleeg ná hy geskiet is
# Township-toerisme waarsku die teen-immigrasie-betogings beïnvloed die sektor en lei tot werkverliese
# En sokker: Afrika behaal die hoogste persentasie spanne wat die Wêreldbeker se tweede ronde haal
# Die Madlanga-kommissie gaan die senior Misdaadintelligensie-offisier Feroz Khan se regsverteenwoordigers raadpleeg voor hulle besluit oor die pad vorentoe, nadat hy gisteraand ‘n skietvoorval oorleef het. Woordvoerder Jeremy Michaels sê Khan sal nie soos geskeduleer verskyn nie, terwyl die kommissie die uitwerking daarvan op sy program beoordeel. Hy beklemtoon die kommissie sal nie oor die voorval bespiegel nie, maar wel met belanghebbendes skakel:
# Die Siyafana Sonke-aksieveldtog sê burgerlike samelewing reg oor Suid-Afrika werk saam om ondersteuning te bied aan gesinne wat geraak is deur geweld teen onwettige immigrante. Julie Eccles van die beweging sê Suid-Afrikaanse gemeenskappe het ingegryp om ‘n belangrike rol te speel om veiligheid en humanitêre bystand te verseker vir diegene wat geraak word. Sy sê Afrika-burgers versoek nie vrywillig repatriasie nie, maar vlug van intimidasie en geweld:
Toerisme-operateurs in townships sê intussen voortdurende immigrasiebetogings benadeel die sektor deur kansellasies en dalende besoekersvertroue. Soweto Tourism se voorsitter, Thato Mothopeng, sê onsekerheid, minder besprekings deur Afrika-toeriste en Suid-Afrika se internasionale beeld as ‘n xenofobiese bestemming beïnvloed sake. Hy sê sommige voornemende beleggers oorweeg ander lande. Soweto Tours se stigter, Kgomotso Pooe, sê besprekings het tussen Mei en Junie met ‘n derde gedaal teenoor verlede jaar. Hy waarsku die ekonomiese uitwerking kan vererger, met moontlike werkverliese in die komende maande.
# ‘n Beleggersgroep onder leiding van Differential Capital het ‘n uitkooptransaksie van 1,27-miljard-rand vir Murray & Roberts se belangrikste mynboubedrywighede afgehandel en in ‘n onafhanklike myndiensteplatform omskep. Murray & Roberts, wat in 1902 gestig is, het in November 2024 om vrywillige sakeredding aansoek gedoen ná ‘n tydperk van finansiële druk. Josh Cunliffe van die beleggersgroep sê die ooreenkoms verseker die voortbestaan van groot mynboudienste-ondernemings, insluitend Cementation en Terra Nova Technologies:
# Sokker: Die president van Afrika se beheerliggaam, Patrice Motsepe, sê harde werk en belegging in die jeug, afrigting en infrastruktuur het vrugte afgewerp vir Afrika in die Wêreldbekertoernooi. Nege uit die tien Afrikalande in die toernooi het die uitklopfase bereik. Hulle is Suid-Afrika, Algerië, die Kaap Verdiese Eilande, die Demokratiese Republiek die Kongo, Egipte, Ghana, die Ivoorkus, Senegal en Marokko, met slegs Tunisië wat dit misgeloop het. Motsepe sê die vasteland het 90-persent sukses behaal in kwalifisering vir die tweede ronde, die hoogste van alle streke.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-43-sent teen die dollar, 18-rand-73-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-867-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-en-28-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 73-dollar-2-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….