Skip to content

NERSA stel Ria Govender aan as waarnemende voorsitter

# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het Ria Govender aangestel as waarnemende voorsitter nadat Thembani Bukula weens gesondheidsredes bedank het. Haar aanstelling sal van krag bly tot ‘n permanente voorsitter verkies word. Die woordvoerder, Charles Hlebela, sê Govender beskik oor meer as 29 jaar se ondervinding in energiebeleid en -regulering en sy het senior rolle beklee in die regering sowel as die elektrisiteitsektor in Suid-Afrika en ander Afrikalande.