Skip to content

Sokker: Mosimane doen aansoek vir Bafana Bafana-afrigterspos

# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging het bevestig Bafana Bafana se voormalige afrigter, Pitso Mosimane, het amptelik aansoek gedoen om Hugo Broos as hoofafrigter op te volg. Die voorsitter van SAFA se Tegniese Komitee, Jack Maluleke, sê meer as 80 aansoeke is van plaaslike en internasionale kandidate ontvang, en almal sal dieselfde onderhoudsproses ondergaan. Die nuwe afrigter sal ná die Wêreldbekertoernooi aangestel word om te begin voorberei vir die Afrikabeker-kwalifiseerders, wat in September begin.