Skip to content

Sokker: Afrika behaal hoogste persentasie spanne wat Wêreldbeker se tweede ronde haal

# Sokker: Die president van Afrika se beheerliggaam, Patrice Motsepe, sê harde werk en belegging in die jeug, afrigting en infrastruktuur het vrugte afgewerp vir Afrika in die Wêreldbekertoernooi. Nege uit die tien Afrikalande in die toernooi het die uitklopfase bereik. Hulle is Suid-Afrika, Algerië, die Kaap Verdiese Eilande, die Demokratiese Republiek die Kongo, Egipte, Ghana, die Ivoorkus, Senegal en Marokko, met slegs Tunisië wat dit misgeloop het. Motsepe sê die vasteland het 90-persent sukses behaal in kwalifisering vir die tweede ronde, die hoogste van alle streke.