Nuus 09:00
BULLETIN 29 June 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Ramaphosa beveel die ANC glo om sy kennisgewing oor ingryping by die Phala Phala-hersieningsaansoek terug te trek
# Meer as een-duisend-300 sterftes word gekoppel aan die Europese hittegolf
# En krieket: Ben Stokes wil uittree uit internasionale krieket
# President Cyril Ramaphosa het glo die ANC persoonlik opdrag gegee om sy ingryping te laat vaar vir die hersieningsaansoek wat die onafhanklike Artikel 89-paneelverslag oor die Phala Phala-skandaal betwis. Die party het sy aansoek om aan die saak deel te neem verlede week formeel teruggetrek. Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het vroeër besluit om nie Ramaphosa se hersieningsaansoek teen te staan nie. Volgens die Sunday Times volg die president se ingryping na ‘n plofbare vergadering van die nasionale werkskomitee, waartydens van Ramaphosa se naaste bondgenote openlik bevraagteken het of die ANC moet voortgaan om hom te verdedig.
# Die burgerlike organisasie, Soil of Africa, sê die huidige onwettige immigrasiekrisis is die regstreekse gevolg van jare lange mislukte leierskap, swak ekonomiese beplanning, swak grensbestuur en ongebreidelde korrupsie. Dit volg nadat groepe teen onwettige migrasie eis dat alle ongedokumenteerde immigrante die land teen môre verlaat terwyl betogings reg oor die land beplan word. Soil of Africa se president, Bongani Ramontja, sê hulle verwerp enige vorm van gepeupelreg of geweld teen individue op grond van hul nasionaliteit of etnisiteit:
Die polisie in KwaZulu-Natal het intussen twee tieners in hegtenis geneem in verband met die mesmoord op ‘n Ethiopiese winkeleienaar. Die 23‑jarige man is verlede week dood aangetref in sy vraghouer-snoepwinkel in Matiwaneskop. Die voorval het plaasgevind te midde van verhoogde spanning oor immigrasie in die land. ʼn Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê diefstal was vermoedelik die motief vir die moord:
# Die Wêreldgesondheidsorganisasie waarsku Europa is die vasteland wat, teen byna twee keer die wêreld-gemiddeld, die vinnigste verwarm. Meer as een-duisend-300 oormaatsterftes weens Europa se rekord-hittegolf, is sedert 21 Junie aangeteken. Frankryk, Duitsland, die Tsjeggiese Republiek, Hongarye en Pole word veral swaar getref. Die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê hulle werk saam met lidlande en vennote om gesondheidsprobleme weens die hitte te bekamp deur te fokus op voorbereiding, voorkoming en beter reaksie deur gesondheidstelsels.
# Krieket: Engeland se kaptein, die 35-jarige Ben Stokes, het sy uittrede uit internasionale krieket aangekondig. Die derde en laaste toetswedstryd teen Nieu-Seeland sal sy laaste verskyning wees en bring ‘n einde aan ‘n internasionale loopbaan van 15 jaar waarvan vier as kaptein van die span was. Die veelsydige Stokes het 122 toetsverskynings vir Engeland gemaak, 114 eendagwedstryde en 43 T20’s gespeel, en was ‘n sleutelspeler in die T20 Wêreldbeker-eindstryd in 2022. Stokes sê hierdie besluit is op die oomblik die beste vir hom:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-47-sent teen die dollar, 18-rand-74-sent teen die euro en 21-rand-73-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-841-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-64-dollar-48-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 73-dollar-19-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….