# Tennis: Die enkelspelkampioene wat oor net meer as twee weke op Wimbledon gekroon gaan word, sal elk meer as 78-miljoen-rand verdien. Die prysgeld is vanjaar met 20-persent verhoog nadat spelers gekla het hulle verdien nie genoeg van die grasbaan-Grand Slam-toernooi se inkomste nie. Altesaam 1,4-miljard-rand sal toegeken word, met eersteronde-verloorders wat steeds 1,7-miljoen-rand sal ontvang. Die naaswenners in die eindstryd sal elk 39-miljoen-rand ontvang. Wimbledon begin Maandag op die All England-klub in Londen.
Tennis: Wimbledon se enkelspelkampioene sal elk R78-miljoen in hulle sakke steek