# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, sê hy is optimisties oor die verdediging van sy Wimbledonse titel na hy gister ‘n vertoonwedstryd in versengende hitte in Londen oorleef het. Die Italianer het die plaaslike speler Cameron Norrie verslaan in die Giorgio Armani-toernooi in toestande soortgelyk aan dié wat verlede maand sy Franse Ope in die tweede ronde beëindig het, toe hy krampe en duiseligheid ondervind het. Sinner sê hy het gister fisies baie goed gevoel ondanks die hitte van 33-grade Celsius. Hy is die topgekeurde op Wimbledon, wat Maandag begin.
Tennis: Sinner optimisties oor die verdediging van sy Wimbledonse titel na hy Londen se snikhete weer oorleef