# Motorsport: Die sewemalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het ingestem tot ‘n tweejaar-kontrakverlenging om tot 2028 by Ducati te bly. Die 33-jarige Spanjaard het verlede jaar by die span aangesluit na sy oorskakeling van Honda, en het die seisoen oorheers deur sy sewende kampioenskapstitel te wen. Marquez is tans vierde in die kampioenskap na ‘n moeilike begin van die seisoen, ná verskeie beserings. Hy sê hy is werklik bly om met Ducati voort te gaan en voeg by dat hy nog meer met die span wil bereik.
Motorsport: Marc Marquez sluit ‘n nuwe tweejaar-kontrak met Ducati tot 2028