Skip to content

Die polisie ondersoek dood van beampte in brandende staatsbus op R300 naby Kuilsrivier

# Die SAPD het ‘n ondersoek van strafbare manslag van stapel gestuur nadat ‘n staatsbeheerde Iveco-bus gisteraand op die R300-snelweg tussen die Stellenbosch Deurpad en Kuilsrivier in Kaapstad aan die brand geslaan het. Beamptes het reageer op berigte van die brandende voertuig en dit in vlamme gevind. ‘n 40-jarige polisiesersant van Bishop Lavis SAPD, wat die bus bestuur het, is op die toneel dood. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.