# Die Activists and Citizens Forum vra die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, om die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie onmiddellik te ontbind. Die woordvoerder, Dennis Bloem, sê dié eenheid bevorder wanorde en onbestendigheid in die land. Hy sê die direktoraat is in ‘n terugveg-veldtog teen die polisie en teiken glo sekere beamptes, veral die geskorsde nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en die provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi:
Forum vra minister Kubayi om IDAC te ontbind [KLANK]
ENG BloemONKubayi