# Die Stad Tshwane het die suksesvolle voltooiing van ‘n verbeteringsprojek vir openbare beligting by die Uniegebou-gebied in Pretoria aangekondig. Die burgemeester se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê die Stad se Energie- en Elektrisiteitseenheid het ‘n oorhoofse straatlignetwerk gebou en 18 nuwe straatligte is langs Government-laan geïnstalleer. Hy sê 25 bestaande straatligte langs Madiba-, Edmond- en Zederbergstraat is opgeknap en weer ten volle in werking gestel, wat die beligting in die gebied aansienlik verbeter:
Tshwane verbeter openbare beligting by die Uniegebou-gebied in Pretoria [KLANK]
ENG MgoboziONUnionBuilding