# Rugby: Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê hulle is ongeag die weer in Ierland gereed vir Leinster in vanaand se Verenigde Rugbykampioenskaps-eindstryd. Hy sê hulle gaan die geleentheid geniet en alles uithaal. Die veld op Croke-park in Dublin is glo in ‘n onberispelike toestand, met ‘n 100-persent natuurlike grasoppervlak. Kaptein Marcell Coetzee sê dit is ‘n voorreg en ‘n groot geleentheid om in die eindstryd te speel, en die span wil die meeste daarvan maak. Afskop is vanaand half-nege Suid-Afrikaanse tyd.
Rugby: Bulle is gereed vir enige uitdaging vanaand in Dublin