Skip to content

Gewapende groep verbind met al-Kaeda aavaar aanspreeklikheid vir dodelike aanval op lughawe in Niger

# ‘n Al-Kaeda-geaffilieerde militantegroep het aanspreeklikheid aanvaar vir die dodelike aanval op Niger se grootste lughawe. Vyf-en-dertig mense is dood toe gewapende mans losgebrand het op die Diori Hamani-internasionale Lughawe en militêre basis in die hoofstad, Niamey. Die lughawe en militêre lugbasis is op dieselfde perseel. Die slagoffers sluit in 22 aanvallers, 11 soldate en twee burgerlikes. Dit is die tweede aanval op die lughawe vanjaar nadat 20 aanvallers in Januarie dood en vier militêre personeellede beseer is.