Skip to content

Sokker: 54-miljoen kykers sien gasheerlande se eerste Wêreldbekerwedstryde

# Sokker: Meer as 54-miljoen kykers in Kanada, die VSA en Mexiko het tot ingeskakel vir die gasheerlande se Wêreldbeker-groepwedstryde. Amerika se openingswedstryd teen Paraguay het 27,5-miljoen kykers gelok, die meeste kykers ooit vir ‘n sokkerwedstryd wat in die land uitgesaai is. Die president van die wêreldbeheerliggaam, FIFA, Gianni Infantino, beskryf die syfers as geskiedkundig, wat aandui hoe die sport die wêreld werklik verenig. Hy beskryf die atmosfeer, energie en passie in die drie lande as baie spesiaal.