# Krieket: Die Protea-vroue speel vanaand hulle tweede T20-Wêreldbeker-groepwedstryd teen Pakistan in Birmingham, Engeland. Suid-Afrika hoop om weer op die wenpad te kom na hulle teleurstellende nederlaag met 65 lopies in die eerste kragmeting teen Australië. Die veelsydige veteraan Marizanne Kapp sê hulle fokus tans net op Pakistan en nie op die res van die toernooi nie, en glo hulle het ‘n baie goeie kans om sake om te keer. Die Proteas se ander groepwedstryde is teen Indië, Nederland and Bangladesj. Vanaand se kragmeting begin half-agt, Suid-Afrikaanse tyd.
Krieket: Protea-vroue speel vanaand teen Pakistan in tweede Wêreldbekerwedstryd