# Die Durbanse polisie het vanoggend skokgranate en rubberkoeëls gevuur om Malawiërs by die Sherwood-saal uiteen te jaag nadat sommige geweier het om na die Lindela-repatriasiesentrum te verskuif. Die groep het die owerhede beskuldig dat hulle gesinne uiteen dryf en sê vroue en kinders is reeds na Malawi geneem en ander na Lindela. Die owerhede sê die terrein is oorvol. Sowat een-duisend-876 van ongeveer sewe-duisend mense is as ongedokumenteer bevestig terwyl repatriasie-pogings voortduur.
Skokgranate, rubberkoeëls by Durbanse repatriasieterrein afgevuur