# Padwedlope: Gerda Steyn het haar status as een van Suid-Afrika se grootste ultra-afstandatlete verstewig nadat sy haar vyfde vrouetitel by die 99ste Comrades-marathon in KwaZulu-Natal gewen het. Steyn het die wedloop oorheers in ‘n rekord nie-amptelike tyd van vyf-uur-45-minute-twee-sekondes. Die vertoning het haar vorige rekord van Durban na Pietermaritzburg van vyf-uur-49-minute-46-sekondes oortref en haar merkwaardige oorheersing van die wedloop voortgesit. Steyn het met ongeveer 20-kilometer oor weggebreek en ‘n gemaklike oorwinning oor haar naaste teenstander, die Zimbabwiër Nobukhosi Tshuma, behaal.
Padwedlope: Gerda Steyn verbeter haar rekord met vyfde Comrades-kroon