# Krieket: Phoebe Litchfield se 50-tal en die Australiese draaiboulers het Suid-Afrika gister ‘n groot pak slae van 65 lopies gegee in hul eerste Groep 1 T20 Wêreldbeker-wedstryd op Old Trafford in Manchester. Litchfield het ‘n vinnige 50 van 24 balle met nege viere en ‘n ses gemoker met Australië wat 172-8 aangeteken het nadat Sophie Molineux die loot gewen en gekies het om eerste te kolf. Hierna is die Protea-vroue heeltemal oorrompel en vir slegs 107 in 16,4 boulbeurte uitgehaal. Suid-Afrika se volgende groepwedstryd is Woensdagaand teen Pakistan op Edgbaston.
Krieket: Groot loesing vir Protea-vroue in T20 Wêreldbeker-openingswedstryd teen Australië