Skip to content

Sokker: Suid-Korea en Mexiko lei Wêreldbeker Groep A ná eerste wedstryde

# Sokker: Suid-Korea se kans om tot die Ronde van 32 deur te dring, het tot 93-present gestyg ná hul 2-1 oorwinning oor die Tsjeggiese Republiek in die Wêreldbeker vroeër vandag. Mexiko se kwalifiseringskans staan op 98-persent. Volgens die media-agentskap, The Athletic, sal Suid-Korea se plek feitlik verseker wees met ‘n oorwinning oor Mexiko en selfs al verloor hulle die wedstryd, bly hul kanse sterk op 86-persent. Die Tsjeggiese Republiek het ‘n 56-persent kans om deur te dring, terwyl Suid-Afrika die laagste kans het met 27-persent. Suid-Afrika en Suid-Korea ontmoet mekaar op 25 Junie.