# Die Bulle se losskakel Handré Pollard sê die span se karakter en veerkragtigheid sal hul grootste bate wees wanneer hulle volgende Vrydag in Dublin teen Leinster meeding vir hul eerste Verenigde Rugbykampioenskaps-titel. Die Bulle speel in hul vierde eindstryd in vyf seisoene van die kompetisie, terwyl Leinster mik na ‘n tweede agtereenvolgende titel. Pollard glo die eindstryd sal bepaal word deur die span wat hul emosies die beste kan beheer. Hy voeg by die span het hard gewerk om die eindstryd te haal, en hoop nie die groot geleentheid is te oorweldigend nie.
Rugby: Pollard glo die Bulle se karakter is hul grootste bate in VRK eindstryd